News
Was nié skietery
Radiogroepe het Donderdag blitsig reageer toe daar 'n boodskap deurkom dat iemand in 'n voertuig geskiet is by 'n treinspoor op die Onverwacht grondpad (Stoffbergpad).
Die lede het soontoe gejaag, waarop hulle ‘n man in sy voertuig gevind het wat in die vroeë oggendure die pad byster geraak en met sy voertuig op die treinspoor beland het.
• Mnr. Petrus Thokoane sê hy kom vanaf Jane Furse en was op pad na Sekhukhune toe hy op die grondpad beland het.
Dit het vir hom gelyk of die pad vurk, waarop hy na links geswenk en direk op die spore geland het.
Met die geweldige impak, is die Toyota Yaris se onderstel beskadig en het die agterruit gebreek.
Hulle vermoed die stukkende agterruit het die persoon wat die noodroep uitgesaai het, laat dink dat daar moontlik op die voertuig geskiet is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
