News

Al meer uile sê hoe-hoezit!

Die dorp, wat al seekoeie en ’n flamink in sy strate gesien het, het deesdae ’n groot uilbevolking.

Middelburg is bekend vir al die diere wat die dorp al op horings geneem het. Van waterbokke tot koedoes, likkewane, seekoeie, krokodille, muskeljaatkatte en bruinhiënas.

Deesdae is daar ook ’n voëlbevolking wat inwoners verstom.

Daar is soveel uile in die omgewing van Sterkfontein Gastehuis dat ’n uilpadteken deur die Steve Tshwete-munisipaliteit in Sipresstraat opgesit is, wat motoriste versoek om uit te kyk vir die grootoë.

Die nonnetjiesuil wat Cois Minnaar afgeneem het.

In die nag word die aanhoudende “gehoe-hoe” veral in Kanonkop en Dennesig gehoor.
Cois Minnaar het die verrassing van sy lewe gekry toe ’n nonnetjiesuil hom besoek het.
“Daar was nie nog tyd om my kamera te gaan haal nie. Ek het sommer die selfoon gegryp om hom af te neem. Hy het omgedraai, my een skewe kyk gegee en toe weggevlieg.”

Die nonnetjiesuil het ’n opvallende wit, hartvormige gesig met klein, swart ogies.
Hulle leef graag naby mense en maak dikwels nes in ou geboue, kerktorings en skure.
Dié uile is nagtelike jagters wat hoofsaaklik knaagdiere (soos muise en rotte) en insekte vang.

  • *Middelburg het oor die jare ook sy kwota snaakse voëls opgelewer, soos die flamink wat in Mineralia paradeer het en die kaalwangvalk wat grasieus oor die dorp swiep.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button