Nuusflits: Man klim in kar met haelgeweer
Met ’n WhatsApp boodskap wat lui: “kyk mooi na die kinders,” het ’n inwoner van Bullerlaan (Dennesig) ’n haelgeweer uit die kluis uitgehaal en verdwyn.
’n Noodberig word al vanaf 10:00 deur al die radiogroepe van Middelburg uitgestuur dat daar gesoek moet word na mnr. Carel van der Schyff.
Die boodskap wat oral op sosiale media uitgestuur word, lui as volg: “Hy het gedreig met selfmoord. Het sy haelgeweer gevat en gery. Sy vrou kry hom nie en hy antwoord nie sy foon nie.”
Mnr. Van der Schyff ry ’n goudkleurige Kia Sportage, registrasienommer CF58SNGP.
• Mnr. Van der Schyff se vrou het bevestig dat hy vir haar ’n WhatsApp boodskap gestuur het en dat sy sedertdien nog nie weer van hom gehoor het nie.
Lees vorige stories hier:
Opvolg: Kinders steeds nie gevind
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
