Nuusflits: Dogters verdwyn
Twee dogters van Hoërskool Kanonkop het vanoggend (Maandag) verdwyn op pad skooltoe.
Die GPF-groep het vroegmiddag op hul WhatsApp-groep laat weet dat daar na Clarissa Opperman (16) en Adri Groenewald (15) gesoek word. Die dogters het Maandag nog vir hul ouers laat blyk dat hulle skool toe gaan.
Teen 11:00 het die adjunkhoof van die skool, mnr. Deon Visser, hulle egter gebel en gevra waar die dogters is, waarop die soektog begin het.
Clarissa se ma, Mandie Opperman, het Maandagmiddag gewonder of haar dogter nie iets beplan het nie. Sy het Sondagaand vir haar gesê dat hulle gewone klere (’n skoolhemp, met enige ander broek) die volgende dag kon aantrek.
Adri se ouma Poppie (by wie sy sedert babadae bly), het gesê dat Adri skoolklere aangetrek het vir skool. Me. Opperman het egter gemeld dat die dogter met gewone klere by haar huis aangekom het. Vandaar het hulle gesê dat hulle skool toe gaan.
Hulle is op ’n stadium opgemerk op die hoeke van Lilian Ngoyi- en Dahliastraat.
Enige persoon met inligting oor waar die dogters hulle kan bevind, kan me. Opperman bel by 079 484 8984 of stuur vir haar ’n Whatsapp na 072 406 6594 of me. Groenewald by 013 245 1471 of 073 257 2647.
Lees die opvolg berig oor die nuutste verwikkelinge in die soektog na die twee meisies hier:
Lees meer verwante stories hier:
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!

