Opvolg: Carel is gevind
Mnr. Carel van der Schyff, die man wat vanoggend vanaf sy huis verdwyn het, is ongeskonde gevind.
Daar is vroeër berig dat hy ’n haelgeweer gevat, weggery en gedreig het met selfmoord.
Die haelgeweer is egter vroeg vanmiddag by sy huis onder ’n kombers gevind.
Hy is sowat ’n uur gelede gekry. Daar is aan www.mobserver.co.za gesê dat hy vanaf 10:00 vanoggend gekuier het by
Tracers, waarna hy ’n ruk gelede by die Mom’s Apteek in Kanonkop gevind is.
Lede van die GPF sektor een en vier, asook radiogroeplede van Middelburg Zello 911 het sy voertuig vasparkeer, waarna die polisie ontbied is.
Daar is nie verdere inligting bekend gemaak nie.
Man klim in kar met haelgeweer
Lees verwante stories hier:
Opvolg: Kinders steeds nie gevind
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
