News

Vrou slagoffer van verkeerswoede

'n Vrou sê sy is deur die gesig geklap in wat blyk 'n verkeerswoede voorval te wees. Sy het versoek om anoniem te bly uit vrees vir verdere teistering.

Die vrou vertel dat sy verlede Dinsdag by Liquor Legends oorkant KFC in Cowen Ntulistraat was. Sy het ‘n bakkie met ‘n waentjie bestuur en het gesukkel om ‘n kans te kry om te ry, omdat die verkeer baie besig was en die ingang naby ‘n hoek is.

Toe sy uiteindelik ‘n gaping sien het sy gery, maar in die pad van ‘n voertuig beland wat volgens haar teen ‘n hoë spoed om die hoek gekom het.

Die bestuurder van die wit Isuzu dubbelkajuit het voor haar kom stop, uitgeklim en by haar venster aan die bestuurskant kom staan.

“Hy het op my geskree. Ek het net daar gesit. Dit was ‘n ongeluk. Ek sou mos nie aspris voor hom inry nie,” het die vrou vertel.

Die volgende oomblik het hy haar deur die gesig geklap, omgedraai, in sy voertuig geklim en weggery.

Sy kon daarin slaag om sy nommerplaat te memoriseer en ‘n foto van sy voertuig te neem voordat hy uit sig verdwyn het.

“Die eerste ding waaraan ek gedink het, was sy arme vrou en kinders by die huis.”

Sy sê dat sy daarna bitter kwaad en vernederd gevoel het.

Twee van haar mede-werkers was by haar in die bakkie en het die hele petalje aanskou.

Daar is ‘n klag van aanranding en crimen injuria by die Middelburg polisie oopgemaak. Die verdagte se besonderhede is aan die polisie deur gegee.

Die identiteit van die verdagte is aan die Middelburg Observer bekend. Sy naam kon egter nie gepubliseer word nie omdat daar nie voor druktyd bevestig kon word of hy reeds amptelik aangekla en in die hof verskyn het nie.

Witkoppen roadrage caught on phone camera

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button