Rooies algeheel vierde in TUKS-reeks!
HTS Middelburg behaal algeheel 'n vierde plek in vanjaar se TUKS-reeks - 'n besondere prestasie in die uitsoekgeselskap van ander topskole!
Die Rooies spog met drié medaljes in hierdie kompeterende reeks: gholf behaal goud, netbal verwerf silwer en tennis palm ‘n brons medalje in!
Die Rooies se kleinsportsoorte het ook hul merk gemaak: muurbal behaal ‘n vyfde plek, die skaak ‘n vierde plek en landloop eindig in die agtste posisie.
Met die finale netbal-, tennis- en gholfwedstryde agter die rug, het die Rooies se rugby- en hokkiespanne húl finale kragmetings op Vrydag en Saterdag by die LC de Villiers-sportterrein gespeel. !
Die Rooi Bulle wen hul kragmeting teen Rustenburg met ‘n telling van 25-19. Die o/15A-span buig die knie in ‘n naelbytwedstryd teen Florida met 26-27.
Die finale uitslag van die TUKS-Reeks is soos volg met HTS Middelburg se tellings eerste:
• Uitslae (HTS Middelburg se tellings eerste):
Rugby:
o/14A: 0-26 vs Eldoraigne
o/15A: 26-27 teen Florida
o/16A: 12-33 teen EG Jansen
Eerste span: 25-19 teen Rustenburg. Puntemakers: Drieë: Japie Kleynhans (2), Zander Joubert, Duart Willemse. Doelskop: Riekert Barnard. Strafskop: Barnard.
Dogtershokkie:
o/14A: 2-1 teen Transvalia. Eindig algeheel sewende.
o/15A: 1-4 teen Monument. Eindig agtste.
o/16A: 2-0 teen Centurion. Eindig 13de.
Eerste span: 3-0 teen Eldoraigne. Eindig sewende.
Seunshokkie:
o/14A: 1-5 teen Eldoraigne. Eindig sesde.
o/16A: 5-0 teen Monument. Eindig vyfde
o/16B: 0-3 teen Menlopark. Eindig tweede
Eerste span: 2-1 teen Pietersburg. Eindig sewende.




