News

Speel gholf om dwelms te oorwin

Die Oorwinnaars ondersteuningsgroep nooi gholfspelers om speel-speel te help bydra tot die geveg teen dwelmverslawing.

“Love them back to life” is die Oorwinnaars se leuse as dit kom by die snelgroeiende dwelmprobleem onder Middelburg se jongmense.

Hierdie groep, wat bestaan uit ‘n span hardwerkende vrywilligers, offer hul eie tyd op en steun absoluut op die publiek vir geldelike hulp om jongmense te ondersteun en te help met die lang pad na rehabilitasie.

‘n Pad wat nie sonder spoedwalle is nie, maar een waar, as die Oorwinnaars jou hand gevat het, hulle dit nie sommer weer sal los nie.

Belangstellende gholfspelers word uitgenooi om aan die Oorwinnaars Gholfdag op Vrydag 1 Julie deel te neem. Die dag sal in ‘n “two-ball better ball scramble drive” formaat gespeel word en die eerste spelers sal vanaf 08:30 afslaan.

Kostes beloop R1 000 per vier-bal en besprekings kan by die Pro-Shop by die buiteklub gedoen word.

Kontak hulle by 013 243 4863 of Kobus 083 388 4368 of Desmond 083 628 6763 vir navrae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button