Drawwer getref in nagwedloop
Nagwedlope is onder die vergrootglas na mnr. Conrad Stoltz wat Woensdagaand deur ’n jaagduiwel getref is.
Dit was nie die eerste keer dat ’n persoon tydens ’n nagwedloop getref is nie en die veiligheid daarvan kom ter sprake, veral met honderde kinders wat deelneem.
Kinders hardloop links en regs oor die paaie en die beamptes kan net soveel doen om almal se veiligheid te verseker.
Maar waar lê die grootste verantwoordelikheid dan?
Dit lê by jou, die motorbestuurder.
As bestuurder is dit tog jou verantwoordelikheid om bewus te wees van die deelnemers en nie roekeloos en dronk te bestuur nie.
Indien jy dan ook wel iemand getref het, moenie soos ’n lafaard wegjaag nie.
“Dit gebeur werklik baie min dat so iets gebeur en die voorvalle is so gering dat dit nie eers op ’n persentasie uitgewerk kan word nie. Nagwedlope is nie onveilig nie en dit is maar die tweede keer dat so iets in die dorp gebeur waarvan ek weet,” sê mnr. Stoltz wat die slagoffer was Woensdagaand.
Volgens mnr. Stoltz kan mens nie veel aan ’n onverskillige drywer doen nie, veral nie as hy dronk is en wegjaag nie.
“Ongelukkig, in die geval van Conrad, was dit weer ’n onverantwoordelike bestuurder wat die beampte verontagsaam het. Ná hy hom raakgery het, het hy sy ligte afgesit en weggejaag. Ek, wat betrokke is by die nagwedlope, maak seker dat die atlete se veiligheid eerste prioriteit kry en ons maak seker dat ons alles in plek het dat die atlete onder normale omstandighede ’n veilige wedloop het,” sê mnr. Theuns Luus, ’n ervare wedlooporganiseeder.
In 2011 is vier seuns ernstig beseer tydens HTS Middelburg se geesvangaand, die Rooi Trek, toe mnr. Elias Nzimande tussen leerlinge ingejaag het nadat hy ’n verkeersman se opdrag om te stop, verontagsaam het.
Mnr. Nzimande het na bewering probeer wegjaag, maar is verskeie blokke verder deur ’n groep verkeersbeamptes gearresteer.
Volgens mnr. Luus, kan die volgende voorsorg getref word wanneer nagwedlope gereël word:
1. Die organiseerders doen aansoek by die verkeersdepartement vir die wedloop.
2. ’n Afspraak word gereël met die verkeersdepartement om die roete saam te ry en dan die moontlike kwelpunte te bepaal waar hulle die verkeersbeamptes op die punte self plaas.
3. Die beligting op die roete word dan geïnspekteer en as daar areas is waar die ligte aandag kort, word dit onder die aandag van die elektriese afdeling van die munisipaliteit gebring.
4. Alle slaggate op die roete word deur die organiseerders herstel.
5. Die beamptes ontvang op die aand glimbaadjies en elkeen gebruik ’n flits op die punt waar hulle staan.
6. Professionele mediese personeel, soos ER24 Woensdagaand, word gereël om seker te maak daar is mediese personeel sou dit benodig word.
7. Enige ander voorsorg wat nodig is, word dan na gekyk en seker gemaak dit is in plek.
Lees ander stories hier:
Man gryp driejarige dogtertjie
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Update: Police finally make arrest after latest discovery
(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed
Video: Voor die wind met Koningskind
Update: Baby X in place of safety
Video: The baby’s hero in blue
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
