News

‘Nigeriërs elke nou en dan’

'n Heroïenverslaafde het tydens 'n openhartige onderhoud, terwyl hy sterk onder die invloed van sy voorkeurdwelm was, gesê inwoners se nekhare sal orent staan oor Middelburg se ware dwelmstatistieke.

“Mense weet f**ol oor wat in die strate aangaan, vergeet van dagga, die polisie mors hulle tyd daarmee, terwyl harde dwelms, oral beskikbaar is,” het hy gesê tussen harde byte aan sy dooie lippe.

Met ‘n kurkdroeë mond vertel hy dat tot 30 verskaffers in die morsige stegie tussen Irak- en Walter Sisulustraat dwelms verkoop.

Hulle werk almal uit twee winkeltjies wat aan ‘n Nigeriër behoort, en hy sê die winkel is die verspreidingspunt, en dien as ‘n front om die polisie op armlengte te hou.

“Mense gaan nie na die winkel om inkopies te doen nie,” sê hy tussen groot teue water deur.

Die man, wat steeds in die strate opgemerk word, sê hy is ook bewus van ‘n handelaar met die naam Prince wat in ‘n blok woonstelle in Hexrivierstraat bly. Prince lewer op aandrang van sy gereelde kopers af, selfs op plase.

Hy sê ouers moet wakker word. “Honderde tieners in hierdie dorp is op Cat (Ketamien), dis oral beskikbaar, en handelaars push dit onder die jeug omdat hulle nie veel geld uit dagga maak nie. Vir tussen R150 en R250 ‘n gram, is die high die moeite werd, tieners in hierdie dorp het die geld, ouers sorg daarvoor”.

Hy sê die hele Hope City is ‘n dwelmnes van verkopers. “Glo my, hulle word vooraf gewaarsku oor klopjagte, die polisie is in op die ding”.

Hy noem nog ‘n gewilde bestemming vir verslaafdes: “Die laaste huis in SADCstraat na Mhluzi se kant, dis by die brug, daar bly agt dealers en hulle versprei wyd”.

“Ek’s verby die punt van lieg, het niks om te verloor nie sien,” sê hy voor hy bylas “die polisie word betaal man, ek het al met my eie oë gesien hoe word dwelmhandelaars deur hulle opgelaai, en twee ure later is hulle terug op straat”.

“Hulle sluit veral nie die Suid Afrikaanse handelaars toe nie, so een of twee Nigeriërs elke nou en dan, hou die korrupte polisiemanne uit die spervuur van hul base”.

Naas Cat en heroïene is LSD ook nog gewild in die dorp.

Hy waarsku Cat gebruikers, veral die tieners, dat “jy net so hoog kan word, voordat jy vrek”.

“Sien, jy gebruik meer en meer en meer en dan oordoseer jy, want die hoog kan nie hoër nie, daarom verkies ek heroïene, as ek spuit, en ek spuit so vier keer per dag, dan is ek lekker trashed”.

Maar, waarsku hy, “die teendeel is ook waar, jy kan ook net so laag, enigsins laer, dan vrek jy”.

“Hou op jou kinders instop met geld, dring aan op bewyse waarop dit spandeer is, en in hemelsnaam, trek jou kop uit die sand,” is sy boodskap aan ouers.

Read other news here:

Twee honde vergiftig

Inwoners gaan by dam bid

So lyk mooi jong mense wat deur dwelmdraak vernietig vernietig is

Roudiens vir Hendrik

Another twist in Lahleni Lakes saga

Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.

Video: Elektriciteit in die lug!

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button