Video: Gebede vir reën … en toe gaan die hemel se sluise oop
Daar is Woensdag by die Middelburgdam gebid vir reën...en toe maak die sluise van die hemele oop.
Die Corpus Christi gemeente het gevra dat die gemeenskap byeen moet kom Woensdagaand by die dam om te bid vir die waterkrisis.
Terwyl past. Johan Pieterse met die 72 mense gepraat het, het daar skielik ’n geweldige wind opgekom.
Hy het gevra dat almal vir die volgende bid.
• Dat dit genoeg reën sodat ons damme kan vol word. “Dit reën soms net genoeg dat die gras mooi groen word, maar ons vra dat dit genoeg reën dat ons damme kan vol word.”
• Hy het ook gesê dat die groep moet besef dat damme nie ons sekuriteit is nie, maar dat God sekuriteit is.
• Daar is gevra dat daar tydens hierdie spesiale geleentheid verder gebid moet word teen die wetteloosheid in ons land.
• “En dat ons besef God se Koningkryk en Sy Lewende Water is vir ons genoeg.
Daar was nie tyd vir gebede nie, want op hierdie oomblik het die sluise van die hemel oopgegaan…
Pastoor Pieterse het gevra dat die mense in hul voertuie gaan sit en bid.
Die mense het in ’n halfmaan hul voertuie, met die ligte wat skyn op die dam, gestop en begin bid.
Alhoewel die weerlig elke keer die omgewing verlig en die elektriese storm ’n geruime tyd gewoed het, het gebede voortgegaan.
Lees ander nuus hier:
So lyk mooi jong mense wat deur dwelmdraak vernietig vernietig is
Another twist in Lahleni Lakes saga
Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.
Video: Elektriciteit in die lug!
Video: Donkie gebore tydens ongeluk
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!






