News

Video: Motorfietsryers groet Hendrik – ‘Ek gaan pappa mis’

Klein Frikkie Etsebeth (8) se leer onderbaadjie het vandag al hul kinders se smart opgesom.

Agterop sy baadjie het sy pa, Hendrik Etsebeth, se geboorte en doodsdatum gestaan en ook die woorde: “ek gaan pappa mis.”

‘n Groot groep motorfietsryers het vanmiddag afskeid geneem van mnr. Etsebeth.

Hy het Saterdagmiddag gesterf in ‘n motorfietsongeluk in Walter Sisulustraat.

Die motorfietsryers het byeen gekom by Mcdonalds, vanwaar hulle in ‘n konvooi van daar af tot by die kapel by die begraafplaas gery het.

Daar het hulle hul motorfietse weerskante van die pad getrek om ‘n erewag te vorm.

Terwyl die kis tussen die motorfietse deur gedra is, met Frikkie en sy ma, Christene wat voor loop, het die motorfietsryers hul motorfietse se revolusies opgejaag.

* Weens die groot hoeveelheid mense by die roudiens, moes van die mense van buite af deur die kapel se vensters na die boodskap luister.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button