News

Sussies trap saam in SA Skolekampioenskap

Hulle gee raad aan ander dogters hoe om op die saal te kom en bo te bly wanneer jy ’n bergfiets trap.

Twee sussies van Hoërskool Middelburg het hulle plek oopgetrap tot in die Suid-Afrikaanse Bergfiets-skolekampioenskap.
Dané en Nelda Strijdom is twee ervare fietsryers wat al van kleintyd aan bergfietswedrenne deelneem.

Nelda was in Graad R, en net vyf jaar oud, toe sy aan haar eerste skolewedren deelgeneem het op Ellisras (Lephalale).
Maar fietsry moet van hierdie week af eers op die agtergrond skuif vir Dané (18) wat met die matriekeindeksamen begin het.

Die Middelburg Observer het meer by die twee sussies gaan uitvind oor hulle fietsryloopbaan.

Een van die sussies op ‘n fiets.
Dané Strijdom wys haar vaardighede op ’n bergfiets. FOTO: Verskaf

Ousus Dané was eerste aan die beurt:

Wanneer het jy begin fietsry?
Op 10-jarige ouderdom. My eerste resies was by Merensky Landbou-akademie op Tzaneen.

Pad- of bergfiets?
Ek het net ’n bergfiets, maar sal graag eendag ander dissiplines wil probeer soos gruis- en padfiets. Ek hou baie van marathonne (XCM).

Posisie by Skole SA behaal?
Dag een – derde plek – skole teen mekaar.
Dag twee – sewende plek – provinsiale kompetisie.

Gunsteling-fietsmaak?
Solank my fiets lig en gemaklik is, is ek tevrede.

Prestasies al behaal?
Hierdie jaar eerste plekke as junior dogter, derde Mpumalanga-halfmarathonne, asook tweede plek by die Trailseeker, Cradle-halfmarathon.

Gunstelingwedren?
Sabie Classic MTB was verskriklik lekker.

Wat sal jy graag op Middelburg wil sien gebeur wat fietsry betref?
Meer veilige fietsrybane rondom/naby Middelburg.

Het jy al geval?
Al ’n paar keer, maar gelukkig nog nooit iets gebreek nie.

Raad vir dogters wat wil fietsry?
Moenie bang wees vir jou fiets nie. Doen moeite om jou vaardighede te verbeter – so sal jy meer selfvertroue kry.

Fietsrydrome?
Om meer skofwedrenne te ry, en natuurlik is die Cape Epic op my wenslys.

Enigiets anders?
Om te verbeter op die fiets, is harde werk en baie ure in die saal. Jy moet selfdissipline hê en nie bang wees vir hard oefen nie. En die regte afrigter help baie. Ek en my sussie oefen by Deon Carstens. Ek oefen al vyf jaar by hom. My sussie het hierdie jaar begin.

Die ander sussie op haar fiets.
Nelda Strijdom vlieg oor ’n fietsrybaan. FOTO: Verskaf

En nou gesels Nelda:

Ouderdom en graad?
Ek is 14 jaar oud en in Graad 8 in MHS.

Pad- of bergfiets?
Ek het net ’n bergfiets. Ek sal ook graag eendag ander dissiplines wil probeer.

Posisie by skole SA behaal?
Dag een – negende plek.
Dag twee – 13de plek.

Gunsteling-fietsmaak?
Ek hou baie van my Rocky Mountain nou dat hy pienk gespuitverf is soos ek hom gesoek het. Maar die droomfiets vir my is ’n Orbea.

Prestasies al behaal:
Ek was die 30 km-Crankchamp met die Dustbuster-reeks. Ek het ook die trofee gekry as fietsrydogter van die jaar by Hoërskool Middelburg vir 2026. Verder het ek ’n paar halfmarathonne gewen soos die Wildevy en Sabie Classic.

Gunstelingwedren?
Die Dustbuster was my gunsteling die jaar, en ek het die skolewedren by Mankele baie geniet.

Wat sal jy graag op Middelburg wil sien gebeur wat fietsry betref?
Dat meer meisies begin fietsry. Jy is nooit te oud om te begin nie, maar dit help om in die laerskool te begin.

Het jy al geval?
Ja, maar ek probeer my bes om nie te val nie.

Raad vir dogters wat wil fietsry?
Just do it! Sê vir jouself: Jy kan!

Fietsrydrome:
Om volgende jaar weer nasionale skolekampioenskappe toe te gaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button