Marius van der Westhuizen het namens die Koevoet Veteranebond ’n krans gelê. Sy vrou, Fransie, is aan sy sy. FOTO: Verskaf
Die Geloftefeeskomitee van Middelburg het weer ’n kranslegging gereël in die konsentrasiekamp-begraafplaas ter herinnering aan slagoffers en veral vroue, kinders en bejaardes, wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het.
Verskeie skole en organisasies het kranse gelê.
Die voorsitter van die Middelburg Erfenisvereniging, Rudi van Wyk, was die gasspreker.
Heldedag is tradisioneel op 10 Oktober herdenk. Dit het sy oorsprong in die geboortedag van Paul Kruger. Kruger is op 10 Oktober 1825 op die plaas Bulhoek in die Steynsburg-omgewing van die destydse Kaapkolonie gebore.
Die gebruik om Kruger se verjaarsdag te vier, het in 1882 spontaan ontstaan.
Die herdenking is formeel in die jaar ná Kruger se amptelike inhuldiging as president ingestel, maar het in 1899, met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog en die ondergang van die ZAR, tot ’n einde gekom.
In Middelburg is Heldedag sedert 1952 oor baie jare heen met byeenkomste, kulturele aktiwiteite, volkspele en samesang herdenk. Kransleggings het gereeld plaasgevind by die Burgermonument op Van Blerkplein en by ander kultuurbakens in die dorp, dikwels saam met vlaghysing en kadetparades.
Hoewel hierdie geleenthede soms ’n politieke karakter aangeneem het, is die slagoffers van die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) ook dikwels herdenk.
Die meerkat het duidelik ’n groot belangstelling in die geskiedenis. Hy beloer die foto-uitstalling by die konsentrasiekamp-begraafplaas. FOTO: VerskafDie voorsitter van die Middelburg Erfenisvereniging, Rudi van Wyk, was die gasspreker. FOTO: VerskafHenk Wessels en sy vrou, Liezel, lê ’n krans. FOTO: VerskafJonathan Haarhoff lê ’n krans. FOTO: Verskaf’n Nuuskierige meerkat het die kranslegging bekyk. FOTO: VerskafSheila Heath het ’n krans, drie aronskelke, by Natie du Toit se bloubordjie gelê. Haar dogter, Soekie Rossouw, is saam met haar. FOTO: VerskafMaureen en Wessie van der Westhuizen. Wessie het ’n krans namens die Suid-Afrikaanse polisieveterane gelê. FOTO: VerskafMarius van der Westhuizen het namens die Koevoet Veteranebond ’n krans gelê. Sy vrou, Fransie, is aan sy sy. FOTO: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.