Dit sous maar damvlak sak steeds
Inwoners wat gedink het hulle kan nou maar die krane oopdraai moet twee keer dink, die dorp se opvanggebied het oor die naweek min reën gehad.

Die Middelburgdam het Sondagoggend vir ’n rukkie gestabiliseer maar Maandagoggend drasties begin daal. Die damstand Maandag was 32.5%.
Meer as 40 mm is op talle plekke Saterdagaand in Dennesig gemeet en deur die nag Sondag het nog ’n lekker bui uitgesak.
• In mnr. Dries du Toit se reënmeter was daar Saterdagaand binne ’n halfuur 45 mm.
In die opvanggebied, Hendrina, het mnr. Daan Hartzenberg vir twee dae 6 mm en 3 mm gemeet, terwyl mnr. Gawie Steyn net ’n entjie verder in dieselfde tydperk 7 mm en 2.5 mm gemeet het.
Die waterbeperkings op die dorp geld steeds.
Lees ander nuus hier:
SAPS handle slithering pythons to uncover drugs
Lapa in ligte laaie by leë huis wat Maandag ontruim is
(Opvolg) Video: Nuwe wending in OK Grocer diefstal
Video: Car guards at Middelburg Mall survive only on tips
Video: District municipality plagued by tyre thefts
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!