News

Video: Damvlak styg na vier ure se stortreën op plaas

Die massas water wat gisteraand by die inloop van die Middelburgdam ingestroom het, kom vanaf EDE Farming, nadat daar binne vier ure 135mm reën geval het.

Die dam staan tans op 33.8%, wat ’n styging is van 296 mm vanaf gisteroggend, toe die dam op slegs 32.5% gestaan het.

Volgens mnr. George Mulder (Akkerbou bestuurder, EDE Farming) is hulle “baie dankbaar” vir die reën wat op die plaas geval het.

Hy sê dit het gister omstreeks 11:00 begin reën en teen 15:00 het hulle al 135 mm gemeet.

Mnr. Mulder sê op die plaas net oorkant die pad (Molare – ou Kanhym) is 65 mm gemeet.

Mnr. Gawie Steyn (van Hendrina) het vanoggend met die Girokopter gaan vlieg en sê “daar is net hier en daar ’n plassie water.

Dit het maar net ses millimeter hier op Hendrina gereën. Ek weet dit het 80 mm by Arnot Kragstasie gereën, maar hier tussen Ermelo en Hendrina is niks water nie.”

• Die inloop maak geen verskil aan die waterbeperkings nie.

Lees ander nuus hier:

Dam kry water!

Video: Land grabs turns violent

Security guard killed

Dit sous maar damvlak sak steeds

Taxi assault caught on camera

SAPS handle slithering pythons to uncover drugs

Is dit jou kwad?

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button