News

Hoeveel dae wil jy siek wees?

As jou werknemer kom met ’n brief van ’n ortopeed wat meen dat hy vir vyf dae by die huis moet bly omdat daar fout is met sy tandvleis, gaan jy ’n rot ruik.

Dit is presies wat by ’n plaaslike besigheid gebeur het. Die maatskappy het versoek om anoniem te bly. Hulle het twee werkers was wat sieknotas ingehandig het wat elkeen vir vyf dae om mediese redes huistoe gestuur is.

Beide sieknotas was van ’n plaaslike ortopeed, dr Anton de Munnik. Wat op die oog af eienaardig was, was dat die een werknemer vir tandvleis probleme en die ander vir nier probleme afgeboek is.

Met nadere inspeksie, was dit duidelik dat die handtekening op beide notas tot op die millimeter ooreenstem.

Dokters is bekend vir hul byna onleesbare handskrif, wat nog van presies dieselfde handtekening ’n dag uit mekaar maak?

Estelle de Munnik, wat by die ortopeed werk, het bevestig dat daar iets met die sieknotas skort. Hulle kon glad nie die pasiënte op hul sisteem opspoor nie.

Daar word nou vermoed dat ’n vorige pasiënt dit reggekry het om die inligting op ’n sieknota wat aan hom uitgeskryf is uit te vee en afskrifte daarvan te maak.

Een van die werknemers wat die sieknotas ingehandig het, het tydens ’n disiplinêre verhoor gebieg dat hy dit by ’n man in Mhluzi gekoop het en dat die prys vir die sieknotas afhang van hoeveel dae vakansie jy wil hê.

Lees meer hier:

Post office shuts down at Mall

Baba by vulstasie gebore

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button