News

Die beste nie-rassistiese dorp in die land

Dit was ’n prentjie om te onthou. KykNet was besig om in Hospitaalstraat ’n advertensie te verfilm. Die burgemeester, rdl. Mike Masina, moes met ’n goue graaf in die hand aankondig dat die dorp weer ’n skoon oudit gekry het. Hy het dit in sy beste Afrikaans gedoen.

Skielik het ’n kar gestop. ’n Jong man het uitgespring, na die burgemeester gestap, sy hand geskud en aangekondig: “Dankie wat jy vir ons dorp doen meneer die burgemeester!”

Dat dit ’n blanke man was, was irrelevant. Dat die burgemeester van die ANC is en in Mhluzi bly was irrelevant. Om die waarheid te sê, wit en swart het nie die oggend bestaan nie. Daar was net een woord: Ons!

En dit is Middelburg: Anders as ander dorpe, vriendelike mense, goeie mense, behulpsame mense, mense sonder rasbrille.

Toe verskyn twee mans Woensdag in die hof wat ’n ander man in ’n doodskis gedruk het.

Elke koerant in die land, elke radio en televisiestasie, die president en meneseregtekommissie het verwys na “die twee mans van Middelburg”.

Skielik word die rassistiese etiket om ons dorp se nek gehang – en ons is dit nie. Soos in elke dorp en stad in hierdie land is daar rassiste. Net soos daar in elke dorp in Amerika ook steeds rassiste is.

Hulle is ’n spikkeltjie in ons groot Middelburg bevolking.

En die mans is ook nie van Middelburg nie – hulle is van twee plase naby Blinkpan – dertig kilometer weg.

Dit is onregverdig dat ons dorp so gebrandmerk word.

Die media wat die rasvlam so aanblaas moet uit hulle kantore in Johannesburg kom en goeie joernalistiek beoefen en kom praat met ons burgemeester en ons mense.

Ons is nie wat die land nou dink ons is nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button