News

Doodskissaak vandag weer voor

Twee plaaswerkers wat van aanranding met die opset om ernstig te beseer en crimen injuria aangekla word, sal vandag weer vlugtig in die Middelburgse Landdroshof verskyn.

Willem Oosthuizen en Theo Jackson is in aanhouding sedert hul inhegtenisname in November. Hulle word beskuldig dat hulle Victor Mlotshwa in ’n doodskis gedruk en hom gedreig het.

As die ondersoekbeampte, konstabel Dimakatso Bahula vandag aandui dat sy klaar is met die ondersoek, kan die saak uitgestel word vir ’n streekshofbeslissing en sodat die verdediging afskrifte van die dossier kan kry.

Daar bestaan egter ook ’n moontlikheid dat die staat vir verdere uitstel sal vra om die ondersoek af te handel.

Die strate rondom die Middelburg Landdroshof is afgesper, maar tot op hede is dit kalm, met geen teken van die veldtogtrokke van politieke partye wat met vorige hofverskynings voor die hof gestaan het nie.

Read other news here:

Skoolhoof as seekat geteken

Gaan ons water vanaf Witbankdam kry?

Mhluzi headmaster allegedly paralyses 14 years old

River staan, dam sak!

Back to the 60’s for 90 year old Joe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button