News

Barries – ‘kom luister hoe het my lewe verander’

Ons moet die Gees van Middelburg opbou sodat ons almal in eenheid hier kan saambly.

“Kom ons kyk hoe ons hierdie dorp deur middel van Jesus se Gees kan versterk en een van die beste dorpe in Suid-Afrika word.”

So sê die organiseerder, Barries Barnard, van ’n lofprysingsaand Saterdag in die banketsaal op Middelburg.

Die dorp is die laaste tyd in die skande gesteek met bloedige gevegte wat internasionaal opslae gemaak het, twee moorde en drie selfmoorde. Boonop het Middelburg een van die hoogste egskeidingsyfers in die land.

Maar nou het Barnard, ’n bekende oudrugbyspeler en gholfspeler sy hart vir die Here gegee en bied hy saam met verskeie ander mense Step into Faith, Saterdagaand aan.

Hy versoek veral al sy oud drinkerbroers om na sy getuienis te kom luister.

Die aand is gratis en oor kerkgrense heen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button