News
Witkerk fotografiekompetisie
Stuur enige foto wat jy dalk deur die jare van die Witkerk of sy mense geneem het in, en jy kan twee kaartjies wen om te gaan eet by die Witkerk Potjiekosaand op 3 Maart!
Dit maak nie saak wanneer die foto geneem is nie. Of dit nou ’n foto is van die kerk of tydens ’n spesiale geleentheid by die kerk. Enige inskrywings is welkom.
Deelnemers kan hul foto’s inbring na die Middelburg Observer se kantore of e-pos na daleen@mobserver.co.za. Foto’s kan ook op Instagram ingeskryf word #Mobserver of #Middelburg of jy kan Tweet na #Middelburg of @Mobserv
Die sluitingsdatum is op 1 Maart om 08:00 en die wenner sal dieselfde dag om 17:00 in kennis gestel word.
• Die Witkerk bestuur sal die foto’s beoordeel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
