News

Hond vrek in meisie se arms

’n Gesin se geliefde hond het laasnag in ’n sewentienjarige meisie se arms agter op ’n bakkie gevrek, kort nadat inbrekers hul motorfiets gesteel het.

Die vrou (wat anoniem wil bly) het aan www.mobserver.co.za vertel dat sy omstreeks 02:40 vanoggend gewek is deur die alarm by hul huis in Broodboomstraat (Kanonkop).

Sy het by al die deure en vensters gekyk, maar niks gesien nie en vir die sekuriteitsfirma gesê dit is nie nodig om uit te kom nie, want alles lyk reg.

Hulle het egter besef iets is fout, want hul yorkshire terriër het op en af in die gang bly hardloop.

Sy het besluit om by die badkamervenster uit te loer, waarop sy gesien het dat die hek oopstaan.

“Ek het dadelik gewéét daar is fout en het die paniekknoppie gedruk.”

Terwyl sy gewag het vir die alarmbesigheid om uit te kom, het sy een van haar buurmanne gevra om na hul huis te kom.

Met nadere ondersoek, het hulle gesien dat die lapa se deur oopgebreek is, maar hulle kon nie sien of daar iets gesteel is nie.

Nadat die sekuriteitswag weg is, is hulle terug die huis in.

Haar dogter het op hierdie tydstip verby die motorhuis gestap en geskree dat die motorhuisslot stukkend is. Hulle is die motorhuis in, waarop hulle gesien het dat die meisie se motorfiets, ’n 125cc VSR (registrasienommer JBF639MP), gesteel is.

Die polisie is ontbied en verklarings is geneem.

Met die polisie se vertrek, is hul groot hond by die huis in en kon hulle haar nie uit kry nie.

Dit was al tyd vir die vrou om te gaan stort vir werk en sy het maar die hond laat begaan.

“Die oomblik toe ek by die stort inklim, het my dogter gegil dat daar fout is met die hond.”

Die dier het gelê en ruk en skuim het by haar bek uitgekom.

Hulle het die hond agterop hul bakkie gelaai en gejaag na die Oribi Dierekliniek. Haar sewentienjarige dogter het by die hond agter op die bakkie gesit.

Lees verwante stories hier:

Toyota Cruiser vanoggend gesteel

Gesteelde voertuig gekry!

“Die veaarts was net te laat en ons hond het by my dogter agter op die bakkie gevrek.”

• Teen ligdag is daar ’n sakkie met rooiworsies in die pad voor die huis opgetel, wat die inbrekers daar laat val het.

• Hulle bedank graag die sekuriteitsfirma, ADT, hul buurman wat kom help het, die polisielede, die GPF-lede en die Oribistraat veearts vir al hul hulp.

• Daar is pas verneem dat daar ook ’n inbraak was in Oleanderstraat (Kanonkop).

• ’n Verdagte is gedurende die nag opgemerk, maar hy het weggehardloop en ’n sak neergesmyt. In die sak was daar vermoedelik gesteelde artikels.

• Meer inligting oor die inbrake in vandag se Middelburg Observer.

Lees meer nuus deur die Middelburg Observer gaan “Like” ook ons Facebook volg ons ook op  Twitter en Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button