News

AfriForum se Middelburg-buurtwag ontvang opleiding

Lede van AfriForum se Middelburg-buurtwag het gister patrollie-opleiding ontvang.

Volgens Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, is professionele opleiding belangrik vir elke veiligheidstruktuur.

“Dis belangrik dat AfriForum se buurtwaglede te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dis verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir hul eie sowel as die gemeenskap se veiligheid,” sê Coetzer.

Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.

“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture uit om saam met die buurtwag te werk,” sê Chris Olivier, voorsitter van dié buurtwag.

“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in Middelburg kan maak,” sê Johan de Beer, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

SMS “Buurtwag” na 45350 (R1) om betrokke te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button