News

Man probeer seun by sentrum ontvoer

Wat wou die mans met sy seun doen nadat hulle probeer het om hom te ontvoer?

Dit is die vraag waarmee ’n getraumatiseerde pa worstel nadat sy seun Saterdag by die nou reeds berugte Tosca Sentrum op Middelburg deur mans na ’n kar probeer dwing is.

Dit is dieselfde sentrum waar Stefnè Bornman (3) amper uit ‘n kar gepluk is in die parkeerarea.

’n Vlaag soortgelyke voorvalle het ’n paar jaar gelede in Pretoria plaasgevind.

Die land is ook vroeër vanjaar weer herinner aan die ontvoering van ses dogters deur Gert van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhoff in Pretoria, toe beweer is die meisies se oorskot is by die kus begrawe.

Lees ook: Seuntjie (6) ontvoer

Me. Liza Bornman het destyds aan www.mobserver.co.za vertel dat hulle gou winkel toe gery het om melk en brood te koop. Haar man, Stefan, het uitgeklim terwyl sy en haar dogtertjie in die kar gewag het.

Mev. Bornman sê dat sy onder die indruk was dat dit nuwe karwagte was wat die sentrum self aangestel het, toe sy ’n man met glimbaadjie sien.

Lees ook: Video – Wou mans kind ontvoer?

Klein Stefné (3) het aan die bestuurderskant in die oop venster gaan sit toe haar pa uit is. Mev. Bornman sê dat sy bang was haar dogtertjie val uit en het haar een beentjie vasgehou, terwyl sy haar ander voetjie gekielie het in ’n poging om haar terug in die kar te kry.

’n Man het gebukkend langs die kar afgesluip tot reg onder haar dogtertjie.

Hy het Stefné aan die arms gegryp en begin ruk. Mev. Bornman kon haar kind terug in die kar in pluk, omdat sy haar nog aan haar beentjie vasgehou het. Toe die man sien hy gaan haar nie uit die kar kry nie, het hy die kind laat los en weggehardloop.

Daar is later na die man gesoek en hy is vas aan die slaap langs ’n melkery gekry.

Die polisie het die man ondersoek en ’n “reuse mes” by hom gekry. Die man het toe erken dat hy die dogtertjie probeer gryp het, maar kon nie verduidelik wat hy met haar wou doen nie omdat hy “baie gedrink het”.

Die polisie het aan mev. Bornman, wat ’n poging tot ontvoering saak wou open, gesê dat hulle nie ’n kriminele saak kan open nie, omdat daar nie ’n misdryf gepleeg is nie.

Mnr. Freddie Barnard se seun Armand (10) is by die sentrum deur ’n man na ’n kar probeer dwing.

Die man het later in ’n wagtende motor weggejaag.

’n Onderhoud met mnr. Barnard verskyn in die Middelburg Observer.

Kinders was ook slagoffers van diewe in die Middelburg Mall toe ’n dogtertjie se oë toegedruk is terwyl haar ouers besteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button