Oupa kry hartaanval na die dood van kleinseun
Dit gaan nie goed met die oupa wie se kleinseun Maandag in ’n motorongeluk oorlede is nie.

Mnr. Neels Bezuidenhout is aanvanklik in die Life Midmed Hospitaal behandel, maar later oorgeplaas na die eMalahaleni Kosmos Hospitaal.
Seun (16) sterf in ongeluk oppad terug van jagtog | Middelburg Observer https://t.co/HnokAgh8J5 #Middelburg
— Middelburg Observer (@MOBSERV) October 4, 2017
Hy was die bestuurder van die Fortuner wat buite Ohrigstad gerol het en waarin sy kleinseun, Jandré van der Walt (16), sy meisie, Igne Gouws en ’n familievriend, Dirk Meyer, insittendes was.
Die Fortuner het vermoedelik oor Jandré gerol en hy is op die toneel dood verklaar.
Lees ook: Seun (16) sterf oppad terug van jagtog
Mnr. Bezuidenhout het ’n hartaanval gehad.
Omdat Jandré soos sy oupa se skadu was, sal die roudiens vir hom eers gehou word indien sy oupa dit kan bywoon.
Dit word voorlopig beplan vir Woensdag in die HTS Middelburg Ouditorium.