News

Video: Skilpad gedra hom soos ’n hond – moet net kan blaf

Vic Boshoff het ’n skilpad wat hom soos ’n hond gedra en nie weer vruygelaat kan word in die natuur nie.

Mense wat onwettig skilpaaie aanhou, weerhou hulle van gesonde voeding, want skilpaaie se dieet bestaan beslis nie uit slaai nie!

Mnr. Victor Boshoff (LimPuma Herpetologiese Vereniging) het gesê dat dit onwettig is om skilpaaie aan te hou.

Mnr. Boshoff sê slaai het géén voedingswaarde vir die skilpad nie! In die meeste gevalle waar hulle beslag gelê het op skilpaaie, het die reptiele ’n ernstige kalsiumtekort gehad. Dit lei daartoe dat die skilpad se groei beïnvloed word.

Also read: No snake in South Africa big enough to eat human

“’n Skilpad is die oudste oorlewende dinosourus op aarde. Hulle bestaan al 220 miljoen jaar en was vóór ander dinosourusse hier!”

Hy sê skilpaaie het nog altyd goed in die natuur oorleef en kry swaar as hulle by die mens bly.

In die natuur vreet hulle sekere bolle en knolle en bamboes wat hulle die voedingswaarde gee om te oorleef.

Wat interessant is, is dat hulle die kalsium wat hulle nodig het kry deur roofdiere, soos hiënas, se mis te vreet!

Mnr. Boshoff word verder woedend vir mense wat skilpaaie, hoe groot of hoe klein ookal, in hokke aanhou.

Also read: Emergency numbers

“Die skilpad se dop werk soos ’n sonpaneel wat hitte absorbeer en help met die spysverteringstelsel.”

•Lees ook meer berigte deur Daleen Naude oor die onwettige aanhou van diere in die Middelburg Observer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button