Luiperd gered – toe doodgemaak
Ziki die luiperdmannetjie wat in Julie vrygelaat is nadat hy herstel het van ernstige beserings toe hy in ‘n strik gevang is, is dood. Hy is in Julie vrygelaat na rehabilitasie by Ubhetyan o Africa. Ziki is in die strik gevind naby Lydenburg. Dit was styf om sy agterlyf gespan en hy moes verskeie operasies …

Ziki die luiperdmannetjie wat in Julie vrygelaat is nadat hy herstel het van ernstige beserings toe hy in ‘n strik gevang is, is dood.
Hy is in Julie vrygelaat na rehabilitasie by Ubhetyan o Africa. Ziki is in die strik gevind naby Lydenburg.
Dit was styf om sy agterlyf gespan en hy moes verskeie operasies ondergaan.
Die operasies is deur befaamde dr. Peter Caldwell gedoen waarna Ziki deur mnr. Gerrie Camacho, karnivoor spesialis van Mpumalanga Toerisme en Parke
Agentskap (MTPA) by Ubhetyan aflaai is sodat hy kon herstel.

‘n Tsjegiese filmspan wat maandelank toerisme verfilming in die land gedoen het, het te hore gekom van luiperd en dadelik aangebied om vir sy GPS Sateliet/radiohalsband van oor die R30 000 te betaal.
Die naam Ziki is ook deur die Tjegiese filmspan gegee en die bekende TV persoonlikheid Lucie Vyborna van die Tsjeg Republieke het genome dat dit in ere is van ‘n baie goeie vriend.
Die halsband het die Mpumalanga Luiperd Foto/Data Projek in staat gestel om die kat se bewegings te monitor.
Ziki se bewegings is deurlopend deur Casper en Janet Janse van Rensburg van die Mpumalanga Luiperd Foto Projek en mnr. Deon Cornelius van Ubhetyan o Africa gemonitor tot verlede week waar die sein vir ‘n paar dae lank in
Also read: Leopard gets Czech custodians
dieselfde omgewing opgetel is. Dit is normaal omdat dit gewoonlik aandui dat die luiperd op prooi voed op daardie punt.
Die Janse van Rensburgs het met ‘n 4X4, te voet en ook met behulp van ‘n helikopter na Ziki gesoek, maar sekere areas is in privaatbesit en toegang kon nie verkry word nie.
Die helikopter is ingespan oor onherbergsame areas waar die Janse van Rensburgs nie kon in nie.
Ziki se radiohalsband is egter verlede Donderdag in ‘n area anderkant Stoffberg deur die Janse van Rensburgs gevind.
Daar was ‘n skoon sny dwarsdeur die halsband wat daarop dui dat Ziki inderdaad deur mense doodgemaak is.
Die area waar die halsband gevind is is berug vir strikke en mnr. Janse van Rensburg sê dat strikke oral ‘n geweldige probleem is.
Die luiperd se oorskot kon nog nie opgespoor word nie.
Die Mpumalanga Luiperd Foto Projek fokus nie net op die monitering van luiperds se bewegings deur die provinsie nie, maar ook om strikke en ander gevare vir die diere te beveg.
Kameras word onder meer op plase geïnstalleer sodat daar vasgestel kan word hoe gesond die populasie is en om individuele diere se bewegings te monitor.
