Hart eis jong leerling van HTS Middelburg
Twee skoliere van HTS Middelburg is gedurende die vakansie dood.
HTS Middelburg is geruk deur die skielike dood van nog ’n 16-jarige leerling. Stephan du Preez het oor die naweek aan ’n hartaanval beswyk.
Dit skaars ’n week na die afsterwe van Jandré van der Walt (16), ’n kranige sportman by die skool.
Lees ook: Seun (16) sterf oppad terug van jagtog
Daar sal Woensdag ’n gedenkdiens vir Jandré in die ouditorium van HTS Middelburg gehou word, al het sy oupa se toestand verder versleg.

Neels Bezuidenhout word tans in die Kosmos Hospitaal behandel, nadat die Toyota Fortuner waarvan hy die besuurder was, naby Ohrigstad gerol het.
Lees ook: Oupa kry hartaanval na die dood van kleinseun
Hy het vermoedelik ’n beroerte gekry kort voor die ongeluk. Sy kleinseun Jandré is noodlottig beseer.
Mnr. Bezuidenhout het na die ongeluk ’n hartaanval gehad en word in die intensiewesorgeenheid behandel.
