News

Spoedkamera aan die brand gesteek

Op Groblersdal steek hulle sommer die spoedkamera’s aan die brand!

‘n Tweede spoedkamera wat op die Stoffbergpad net buite Groblersdal geïnstalleer is, het in vlamme opgegaan.

Also read: High speed chase in Walter Sisulu Street

In Junie vanjaar was daar ook ‘n spoedkamera, wat op dieselfde plek gestaan het, wat totaal en al afgebrand het, slegs ses maande na die installasie.

Lees ook: Hoe ry motoriste? Sukkel-sukkel om die sirkel

Dit het ‘n geruime tyd geneem voor daar weer ‘n kamera op die Stoffbergpad naby die Olifantsrivierbrug geïnstalleer is. Volgens mense in die omgewing was die kamera skaars ‘n week weer op sy plek, toe hy uitgebrand het.

Lees ook: Stywe boete, maar lesing wys anders

Talle verkeerspersoneel het om die spoedkamera saamgedrom in skok dat hy weer afgebrand is. Van dié personeel het beweer dat hulle vermoed dat die kamera met opset aan die brand gesteek is.

Daar is een oorblywende spoedkamera wat op verskillende areas in die dorp roteer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button