News
VIDEO – Honderde neem afskeid van talentvolle jong HTS sportster
Meer as 500 roubeklaers het Woensdag tydens ’n hartroerende gedenkdiens afskeid geneem van Jandré van der Walt wat verlede Maandag tragies in ’n motorongeluk buite Ohrigstad gesterf het.

Die diens is in HTS Middelburg se ouditorium gehou waar Jandré ’n gewilde leerling en opkomende sportster was.
Lees: Seun sterf in ongeluk oppad terug van jagtog
Sy skoolvriend, Stephan du Preez, wat die naweek aan ’n hartaanval oorlede is, se ouers Tjokker en Hettie, was ook by die diens.
Lees: Oupa kry hartaanval na kleinseun in ongeluk sterf
Die trane het onbedaarlik gevloei tydens ’n meer as vyf minute lange skyfievertoning oor Jandré se lewe.
Na die diens is honderde rooi en wit balonne die lug ingestuur in ’n simboliese afskeidseremonie waartdens roubeklaers hul eie gebede en boodskappe vir hom in die hemel kon instuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
