News

Tier of tierboskat?

Gerugte dat daar 'n tier langs die N4 gesien is, het polisie tot laatnag rond gejaag.

Toe www.mobserver.co.za laasnag navraag doen oor gerugte dat daar ‘n tier op die snelweg is, is daar aan ‘n joernalis bevestig dat die kat tussen Wonderfontein en Arnot op die N4 gesien is.

Die joernalis is gemaan om haar afstand te hou indien sy in die omgewing is. Polisie het beplan om by die sirkus, wat tans in Middelburg optree, te gaan uitvind of een van hul tiere nie ontsnap het nie.

Vanoggend was daar steeds geen duidelikheid oor of daar wel ‘n tier op die snelweg was of nie. Iemand het bespiegel dat dit moontlik ‘n tierboskat kan wees (‘n heelwat kleiner weergawe van sy Oosterse neef met kolle in plaas van strepe op sy lyf).

Intussen is www.mobserver.co.za steeds besig om navrae te doen by relevante partye. Meer inligting sal verskaf word soos dit bekend word.

Panjo, ‘n tier wat toe 17 maande oud was, het in 2010 opslae gemaak toe hy oppad na die veearts uit sy eienaar, Goosey Fernandes, se bakkie gespring het. Almal het help soek. Panjo is op die ouend in ‘n bos opgespoor met behulp van termiese kamera opgespoor.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button