Is daar ’n tier op die N4?
Daar is oral gesoek nadat ’n motoris benoud oor 10111 ‘tier!tier!’ geskree het.

Die wêreld was op hol nadat ’n motoris Saterdag 10111 gebel het en vertel het dat hulle ’n tier op die N4 gewaar het.
Lees: Panjo se huis steeds in gevaar
Polisie sowel as Natuurbewaring is na die toneel waar die kat laaste gesien is maar kon niks opspoor nie.

Duncan Mclaren, van Mclaren Cirucus wat tans in Middelburg kuier, het op Facebook laat weet dat al vier hul tiere veilig agter slot en grendel is.
Lees vorige storie hier: Tier of tierboskat?
• ’n Betroubare bron het aan www.mobserver.co.za gesê dat hulle oortuig is dat dit ’n tierboskat was wat die motoris gesien het. Hulle het aan die ooggetuies foto’s gewys en al hoewel hulle aangedring het dat dit ’n tier was, het hulle later ’n tierboskat op die foto’s uitgewys.
Read: Jugamaro goes viral
• ’n Tierboskat word as ’n medium grootte kat beskryf wat 52-60 cm hoog staan en 9 – 18 kg weeg. Heelwat kleiner as ’n tier, wat 90 to 306 kg kan weeg en 70 – 120 cm hoog staan.
