News

Opvolg: Mietsie was toe ‘n tarentaal

’n R3 000 beloning is op die spel vir die persoon wat ’n foksterriër/Jack Russel kruising, kan terugbesorg.

Die hele land soek na Mietsie – maar tot dusver tevergeefs.

’n R3 000 beloning is op die spel vir die persoon wat ’n foksterriër/Jack Russell kruising, kan terugbesorg.

Mietsie het op 6 Oktober weggeraak toe mnr. en me. Charles en Ria Richards in ’n ongeluk was naby die Diamond Hill tolhek. Hul karavaan en kar het gerol.

Die ongelukstoneel op 6 Oktober.

Die een hondjie, Coco, het hulle in die voertuig gevind na die ongeluk, maar Mietsie het weggehol.

Nadat ’n berig oor die hondjie op www.mobserver.co.za se webtuiste gepubliseer is, het die egpaar al dosyne oproepe gekry.

’n Man beweer dat hy gesien het hoe ’n trokdrywer die hondjie oplaai en in die rigting van Middelburg ry.

Lees vorige storie hier: “Bring asseblief ons Mietsie terug”

Dieselfde man het intussen gebel en het nou te vertel dat die trokdrywer eintlik ’n tarentaal opgetel het!

Iemand wat naby Diamond Hill bly het hulle ook gebel en gesê hy het ’n rondloperhondjie daar opgetel, maar dit was ook nie Mietsie nie.

Die egpaar vra steeds dat mense op die uitkyk sal wees vir hul hondjie.

As iemand die hondjie sien, bel, SMS of WhatsApp me. Richards by 082 312 3055.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button