News
VIDEO – Willem het hart vir Jesus gegee
In die somber atmosfeer waar almal by Willem Janse van Rensburg se begrafnis gedink het aan die wrede manier waarop hy gesterf het, was daar ’n besondere oomblik toe gesê is “dat Willem sy hart vir Jesus gegee het”.

Past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars) het die grafdiens gelei en het past. Jackie Botha (Shalom Bedieninge) het ook ’n kort inset gelewer.

Daar is geleentheid gegee vir getuienisse waarop Jenny Nwya, ’n vrywilliger van Feed A Child, vertel het dat sy ook vir Willem geken het en dat hy saam met haar na haar kerk toe gegaan het.
• Willem se lyk is twee weke gelede langs die Klein Olifantsrivier gevind. Sy linkerarm is afgeruk of deur ’n dier afgebyt. Hy het ook ander beserings aan sy lyf gehad, soos ’n wond aan sy nek en op sy borskas.

Vorige stories oor Willem:
Graphic content – Body found next to river with arm torn off
Video – Man wat lyk vind vertel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
