Vier gala-aande in één week vir tweeling
Carla en Ané Els, Gr 10-leerders van HTS Middelburg was by nie minder nie as vier gala/bekroningsaande in één week!

Hul besige week het afgeskop met die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika (NEA) se Mpumalanga Showcase.
Ané is aangewys as die itemwenner vir die hele Mpumalanga vir Klassiek: Eie keuse Graad 10 (Ave Maria). Sy is ook genooi om met hierdie item op te tree tydens die Showcase wat sy met groot welslae gedoen het.
Net daarna was die gala-aand van die Artium Kunsvereniging in eMalahleni, waartydens Carla en Ané die duet, The Prayer, tydens die opening uitgevoer het.

Ané het ook die solo, My Confession, gedoen as algehele wenner van die Hoërskool Vokale-afdeling vir die Nkangala-streek.
Carla eindig tweede met slegs twee punte verskil – dieselfde as 2016.
Die Donderdagaand het hulle tydens die skool se bekroningsfunksie die trofee ontvang vir beste kultuurprestasie deur ’n senior, hulle deel hierdie toekenning.
Beide Carla en Ané is ook uitgenooi deur die Allegretto Eisteddfod in Gauteng om op te tree tydens die gala-aand en die prysuitdeling by te woon.
Hulle tree op met die duet, Panis Angelicus, waarvoor hulle 99% tydens die kompetisie verwerf het. Carla tree ook op met ’n solo, Show Me, waarvoor sy ook 99% ontvang.

Tydens die prysuitdeling ontvang hulle die volgende:
- Duet: Prestige toekenning asook trofee vir die Beste Duet (Panis Angelicus)
- Ané: Prestige toekennings en trofeë vir Broadway en klassiek.
- Carla: Prestige toekennings en trofeë vir Gospel, Jazz, Golden Oldie, en English song.
- ’n Prestige toekenning is vir punte behaal bo 95% en trofee vir die wenner van die genre. ongeag ouderdom.
- Carla word ook aangewys as die wenner van die hoërskool-afdeling.
Die twee het tussen die twee van hulle agt trofeë en toekennings verwerf.
Interessante feite oor die twee se prestasies:
- Allegretto Eisteddfod is die grootste eisteddfod in Gauteng en dek Johannesburg, Pretoria, Krugersdorp en Hoëveld, eMalahleni inkluis.
- Daar vind eers ’n streeksrondte plaas waarna deelnemers na ’n Show Case rondte deurgaan, indien hulle punte goedgenoeg is.
- Carla en Ané se punte was so hoog dat hulle nie die Show Case rondte gedoen het nie en steeds die afdelings gewen het. Die gala-aand is ’n spog geleentheid met rooi tapyt en aanddrag.
- Die twee sussies het in ’n week se tyd elkeen ’n hoërskool-afdeling en ander afdelings gewen.
- En dit net twee weke nadat hulle tydens die Nasionale rondte van die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe (SATCH) in Pretoria sewe medaljes elk verwerf het.

Hulle volgende groot mikpunt is om genoeg geld in te samel sodat hulle gedurende Julie 2018 as deel van die nasionale span Suid-Afrika in New York by Talent America kan verteenwoordig.
Hulle het reeds gekwalifiseer as lede van die Mpumalanga Jeugkoor maar sal egter ook in solo-items in die vokaal, drama en modelwerk deelneem.
Daar lê nog ’n lang pad voor aangesien R150 000 bymekaar gemaak moet word en dit dek nie inskrywingsfooie en gelde vir etes in nie.
Persone wat hulle wil ondersteun, kan hulle ma, Annalie, bel by 082 337 2873.
Ander nuus:
Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis
Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer
Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?
Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder
Trane soos riviere by prysuitdeling
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
