Sexy hoender vir Meonn
Wanneer jy in Spanje moet gaan deelneem en jy kort R50 000 dan reël ’n pretloop en doen die sexy hoender.
Die para-atleet, Meonn de Villiers, gaan in Augustus op die atletiekbane van Sant Cugat in Spanje sy talente uitstal.
Meonn benodig egter R50 000 om in die 100 m en 200 m afstande te gaan meeding. Om fondse in te samel word daar op 11 Julie ‘n 4,9 km pretloop by die Witkerk op Middelburg aangebied.
Inskrywings kos R30 per persoon en die wedloop skop om 18:00 by die Witkerk af.
Die tema vir die pretloop is “gee jou verbeelding teuels”.
Op 14 Julie kom Marulaboom met hulle gewilde liedjie, Sexy Hoender, by Event City optree vir sy fondsinsameling. Toegang is R100 per persoon.
Navrae kan gerig word aan Meonn se pa, Dawie, by 082 882 5980.
Lees ook:
VIDEO: Theuns het mense op hulle voete
Meisie byna op skoolterrein verkrag
NIE VIR SENSITIEWE KYKERS: Polisie sloer met dierwreedhied sake
Kry ons nuusbrief
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

