News

AfriForum se Middelburg-tak herstel heliblad

AfriForum se Middelburg-tak het Saterdag die heliblad by die provinsiale hospitaal begin herstel.

Daar was nie meer gepaste landingsareas nie en mediese- en nooddienspersoneel moes voortdurend alternatiewe landingsareas soek vir noodhelikopters om te land. Daarom is besluit om die landingsarea in fases op te gradeer. Die eerste fase was om die platform skoon te maak en daarna sal die verf op die platform oorgedoen word en dan sal die landingsliggies vervang word.

“Ons het al die bossies uitgekap en verwyder en gif oor die platform gespuit om te voorkom dat bossies weer groei. Dit dien as voorbereiding vir die volgende aksie, waar die platform oorgeverf sal word,” sê Mathee van Wyk, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

“Sekondes kan die verskil tussen lewe en dood beteken en daarom moet pasiënte so spoedig moontlik by ’n hospitaal uitkom. Die veiligheid van gemeenskappe is vir AfriForum belangrik en daarom het ons besluit om dié aksie van stapel te stuur,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button