News

Rowers steeds op vrye voet

Drie gewapende rowers is steeds op vrye voet nadat hulle Total Sports in Van Riebeeckstraat in Groblersdal beroof, personeel gedreig en met kontant gevlug het.

Dié voorval het op 21 Julie omstreeks 08:30 plaasgevind. Die winkel se personeel is van hul selfone beroof en R2 000 kontant.

Voor dié rooftog het die Vallei en omliggende areas onder talle ander besigheidrowe deurgeloop. Skermskote van videomateriaal waar die verdagtes van dié besigheidsrowe duidelik gesien kan word, is uiteindelik beskikbaar gestel.

Die polisie se provinsiale mediakantoor het Donderdag dié foto’s uitgestuur. Daar is gevra vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van 22 verdagtes wat verbind kan word met talle rooftogte by besighede in die provinsie.

Lees ook: Four armed robberies in one week

Die polisiewoordvoerder van Limpopo, Lt. Kol. Moatshe Ngoepe, het gesê die polisie benodig hulp om die persone in CCTV beelmateriaal te identifiseer.

“Ons vra die gemeenskap om ons te help met die ondersoek om hulle vas te trek,” het Ngoepe gesê.

Verskeie besighede in Dennilton, Groblersdal, Giyani, Northam en Morone is klaarblyklik deur die groep beroof.

11 Julie: In Dennilton buite Groblersdal het drie onbekende gewapende mans met blou werksklere en balaklawas om 09:45 by ’n winkel by Moutse Mall ingestorm.

Die verdagtes het die eienaar en sy familie met vuurwapens gedreig. Daarna het hulle kontant en lugtyd gesteel. Die verdagtes het verskeie skote buite die winkel afgevuur, voordat hulle van die toneel gevlug het.

Lees ook: Armed robbery at Auctioneers

21 Julie: Om 08:30 het drie rowers Total Sports Groblersdal geteiken en die werknemers met vuurwapens gedreig. Hulle het die kluis oopgemaak en kontant en 30 selfone geroof. Die groep het gevlug in ’n voertuig met die registrasienommer CTF537MP.

2 Augustus 2017: Tydens ’n rooftog om 11:30 by Markhams in Giyani, het die vier rowers die winkel ingestorm en die personeel in die stoorkamer aangehou. Die kluis is oopforseer, ’n onbepaalde hoeveelheid kontant en 220 selfone ter waarde van R100 000 is gesteel.

6 Julie: By Total Sports in Northam het drie rowers die winkel binngegaan en selfone ter waarde van R64 000 geroof.

13 September 2017: Twee rowers het ook omstreeks 12:40 Edgars in Northam geteiken. ’n Werknemer is beveel om die kluis oop te maak en die verdagtes het met selfone ter waarde van R700 000 gevlug.

Lees ook: Suspects might be linked to seven other robberies

•Tydens nog ’n besigheidsroof by John Craig in Northam, het drie gewapende mans die besigheid binnegegaan en selfone en ’n onbekende bedrag kontant geroof. Een van die slagoffers het vertel dat sy by die Northam Mall aan diens was toe ’n rower voorgegee het om ’n kliënt te wees.

Hy was in besit van ’n vuurwapen en het haar opdrag gegee om die kluis oop te maak. Hy het 36 selfone en 25 tablette ter waarde van R556 300 gevat en van die toneel gevlug.

5 April: Om 14:35 het drie rowers die John Craigh klerewinkel in Morone geteiken. Die personeel is beveel om selfone in ’n sak te laai, waarna die verdagtes vanaf die toneel gevlug het met die selfone en ’n onbekende bedrag kontant.

10 Oktober 2017: Tydens nog ’n besigheidsroof by Morone Markhams het drie rowers die personeel van die winkel na die stoorkamer geneem en hul gedwing om die kluis oop te maak.

’n Onbekende bedrag kontant en 101 nuwe selfone ter waarde van R55 000 is by die winkel geroof.

Volgens die polisie word besighede gewoonlik deur twee tot vier gewapende rowers geteiken, waarna die personeel gedreig word om die kluis oop te sluit sodat kontant en selfone gesteel kan word.

Persone met inligting wat kan lei tot die arrestasie van enige van dié verdagtes kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 kontak of die naaste polisiestasie.

•Lt. kol. Ngoepe het gesê dat daar nog geen arrestasies was op enige van die besigheidsrowe nie.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button