NewsSport

Om en om: Corné trap 278 km

Middelburgse fietsryers het altesaam 2 132 km getrap om geld vir die Teddy Bear Foundation in te samel.

Om en om, en om, en om…
Raak jy duiselig? Ek ook!

Kyk ma, geen hande! Sarel Esterhuizen is nog ewe vrolik met die son wat rooi in die agtergrond skyn en sy vrou Yolanda in die voorgrond. FOTO: Verskaf

Stel jou voor: 70 rondtes om die Red Star-renbaan se vier kilometer – ’n allemintige 278 km.
Dit is syfers wat selfs die grootste rusbanksportentoesias moeg sal maak.

Dit is presies wat Middelburg Fietsryklub se Corné Ferreira Saterdag tydens die Trap de Star reggekry het. Die wedren het Saterdagaand om 18:00 begin en Sondagoggend om 06:00 geëindig.

Corné Ferreira en Riaan van den Berg durf die Red Star-renbaan aan. FOTO: Verskaf

Altesaam 13 fietsryers het 549 rondtes om die baan voltooi, vir ’n gesamentlike afstand van 2 132 km.
Corné het die sesde meeste rondtes voltooi. Ralph Cope het 331 km afgelê, gevolg deur Mark Coetzee met 323 km, Willem Weideman met 304 km, Shaun Mare met 301 km en Soelanie Williams met 300 km.
Sarel Esterhuizen en Van Vreden Sadie het elk 63 rondtes voltooi, oftewel 253 km.

Mariaan Pieterse en Van Vreden Sadie op die Red Star-renbaan. FOTO: Verskaf

Ander Middelburgse fietsryers wat deelgeneem het, was Rina Sadie (51 rondtes), Riaan van den Berg (50), Christelle Vermaak (50), Kevin Minnie (43), Eddie Naudé (41), Mariaan Pieterse (39), Christine Wentzel (36), Gerhard Nel (29), Martin Wentzel (11), Frieda Nel (drie) en Pine Pienaar, wat 125 km afgelê het.

Corné Ferreira en Riaan van der Berg wys dat die Red Star-poging alles vir ’n goeie doel was. FOTO: Verskaf
  • Die poging was daarop gemik om geld vir die Teddy Bear Foundation in te samel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button