VIDEO: ‘n Blomtuin vir Jan-Hendrik se ouma
Die Hervormde Kerk Noord-gemeente is vanoggend in ’n blomtuin verander, waar die wêreldbekende sjef, Jan van der Westhuizen, se ouma begrawe is.
’n Plaat blomme het begrafnisgangers begroet.
91 potte blomme vir sy geliefde ouma Hessie.

Jan-Hendrik het vanoggend die bloemiste gehelp om 91 potte blomme te vul – 91 potte omdat sy ouma 91 jaar oud was.
Me. Marita Hattingh, van Azalea Bloemiste, sê hulle het begin om die potte vol te maak, maar Jan-Hendrik wou hê dit moes so natuurlik as moontlik wees.
In die kort onderhoud vertel sy as gesoute bloemis hoe sy en haar span vanoggend by wêreldbekende restauranteur, Jan-Hendrik, geleer het hoe om die blomme in die potte te druk.

Jan-Hendrik is die kleinseun van Me. Ferreira en het al die pad van Frankryk af gekom om die begrafnis by te woon.
Voor in die portaal van die kerk, tussen bosse ander blomme, is dieselfde replika van die foto van sy ouma op 18-jarige ouderdom, wat in sy tweede restaurant, ‘Maria’ (ouma Hessie se regte naam) hang.
•Ouma Hessie was verlede jaar in Frankryk toe dié restaurant geopen is.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
