News

Wat maak Ouma Hessie se foto in Frankryk?

In ’n klein kunswinkeltjie in Frankryk het Hessie van der Westhuizen op haar negentigjarige ma se foto afgekom?

Die foto is geneem toe Ouma Hessie agttien jaar oud was.

Maar wat maak ’n inwoner van Middelburg in Mpumalanga se foto in Frankryk, het Hessie gewonder.

Me. Van der Westhuizen is vroeg in Augustus na Nice om haar seun, Jan-Hendrik, wat twee restaurante daar bedryf, te besoek.

Die foto wat Jan-Hendrik van der Westhuizen van sy ouma, Hessie (Maria) op Instagram gedeel het.

 

Terwyl sy een dag deur die strate gedwaal het, het sy afgekom op die geraamde foto in ‘n klein kunswinkeltjie.
Sy het dadelik haar ma op die foto herken.

Me. Van der Westhuizen het aanmekaar vir die eienaar van die winkel gevra of hy weet wie dit is en waar hy die foto kry.

Lees ook: Wêreldberoemde sjef by ouma se begrafnis

Die eienaar het vir me. Van der Westhuizen gesê dat hy die foto gesien het in Jan se restaurant. Hy het dit afgeneem, vyf afdrukke daarvan gemaak, dit geraam en in sy kunswinkel verkoop.
Me. Van der Westhuizen het die laaste afdruk gekoop.

Die oorspronklike foto pryk in Jan-Hendrik se tweede restaurant, “Maria”, wat hy vernoem het na sy ouma Hessie (haar regte naam is Maria). Sy ander restaurant, “Jan” is net oorkant die pad.

Die afdruk van haar ma wat Hessie van der Westhuizen in ’n kunswinkeltjie in Frankryk gekoop het. Die kunswinkel-eienaar het ’n foto geneem van die skildery, afdrukke daarvan gemaak, geraam en dit vir 75 Euro’s elk verkoop.

 

Ouma Hessie was verlede jaar Oktober by die opening van die restaurant, wat na haar vernoem is.

•Me. Van der Westhuizen het 75 Euro’s vir die afdruk betaal en dit vir ouma Hessie op haar verjaardag gegee.

•Net ‘n dag nadat die mooi verhaal van Ouma Hessie aan www.mobserver.co.za vertel is, is sy oorlede.

•Ouma Hessie het op 31 Augustus haar 91ste verjaardag in die Unitas Hospitaal gevier.
Sy was al die jare ‘n inwoner van Middelburg en is vir meer as drie weke in die hospitaal behandel voordat sy verlede week oorlede is.

•Haar wêreldberoemde kleinseun woon vandag die begrafnis by van sy geliefde ouma.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button