News

Wêreldberoemde sjef by ouma se begrafnis

91 potjies blomme... Dit is die mooi gebaar van wêreldbekende sjef en skrywer, Jan-Hendrik van der Westhuizen, wat vandag sy ouma, Hessie Ferreira, se begrafnis op Middelburg bywoon.

Die begrafnis word om 12:00 uit die Hervormde Kerk, Noord gemeente gehou en die 91 potjies blomme gedenk haar lewensjare.

Die blomme is spesiaal deur die dorp se jarelange bloemiste, Marita Hattingh, van Azalea Bloemiste, op Jan se aandrang gemaak.

Dit is die tweede hartseer wat die beroemde sjef binne ’n paar maande tref, nadat sy pa, Boet, ook in April hierdie jaar oorlede is.

Jan-Hendrik van der Westhuizen voor sy restaurant, “JAN” in Nice, Frankryk. Hy woon vandag sy ouma se begrafnis in Middelburg by. FOTO: Internet.

•Tannie Hessie was in Oktober 2017 in Nice (Frankryk) tydens die opening van Jan-Hendrik se nuwe restaurant, “Maria” wat ook na ouma Hessie (Maria is haar regte naam) vernoem is. Dié restaurant is net oorkant sy ander Michelin-ster restaurant, JAN.

•Jan-Hendrik het te midde van die hartseer met sy pa se siekte nog tussendeur aan sy nuwe boek, “JAN, the Journal” gewerk. Hy het die eerste uitgawe daarvan aan sy pa opgedra en was dit kort daarna op die rakke.

Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat ’n Michelin-ster verwerf het.

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button