Jong Morgan begin vir Pumas
Die Pumas se jong loskopstut Morgan Naudé maak Vrydagaand in Bloemfontein sy Curriebekerbuiging teen die Cheetahs.
Naudé, wie verlede week nog vir die Onder 20’s diens gedoen het, vervang Kwezi Mona in ’n verrassende skuif.
Hy is soos die Bokstut Vincent Koch ’n produk van Hoërskool Nelspruit.
Jimmy Stonehouse het ook aan sy losvoorspelerkombinasie varander om vir Jeandré Rudolph op agsteman plek te maak.
Willie Engelbrecht skuif sewe-flank toe nadat hy tot dusver op agt gesak het.
Lees ook: Kloppers lei Pumas op die veld
Die keuse van ’n esktra baldraer het die skuif genoodsaak.
Die agterlyn bly presies dieselfde met Stefan Ungerer en Chistopher Smith die skakelpaar en Ryan Nell en Neil Maritz in die middelveld.
iCOLLEGE Pumas teen Cheetahs:
Devon Williams, Morné Joubert, Neil Maritz, Ryan Nell, Ruwellyn Isbel, Christopher Smith, Stefan Ungerer, Jeandré Rudolph, Willie Engelbrecht, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers (k), Le Roux Roets. Andrew Beerwinkel, Marko Janse van Rensburg, Morgan Naudé.
Plaasvervangers:
Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Cameron Lindsay, Francois Kleinhans, Abrie Griesel, Kobus Marais, Henko Marais.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
