NUUSFLITS – Twee Belfast huise in nuutste brand verwoes
Terwyl die brandindeks nog hemelhoog is en stokers van onwettige brande streng vervolg sal word, het ’n huis vanmiddag in Belfast afgebrand.
Dit volg op vernietigende brande die afgelope paar dae om Middelburg.
Kerkstraat nommer 104 is heeltemal in Woensdag se Belfast brand verwoes, terwyl ’n buurhuis, Kerkstraat 106, gedeeltelik deur die brand vernietig is.
Dit tans onduidelik hoe die huisbrande ontstaan en so vinnig tussen mekaar versprei het.

Brandstigting word vermoed weens die gekonsentreerde kolle waar die brande om die huise ontstaan het.
Verlede Vrydag is duisende hektaar wieding, ’n lodge, dubbelverdieping grasdakhuis, ’n druiwewingerd en verskeie ander geboue in ’n wegholbrand verwoes in die Rooikraal omgewing.
Lees ook: Brand verswelg lodge, dubbelverdieping grasdakhuis, ‘n druiwe wingerd en verskeie ander geboue
Boere en helpers, wat onder voorwaarde van anonimiteit met www.mobserver.co.za gepraat het sê egter almal dat brandstigting vir die verwoesting verantwoordelik was.
’n Saak van brandstigting word intussen deur die polisie ondersoek.

Die brand het Sondag weer opgevlam op die grens tussen Bergland Safari Lodge en Zaaiplaas, en brandslaners moes bontstaan om verdere verwoesting te keer.
Voorbrande is om die lodge gemaak en helpers sê “dit was onmoontlik dat die lodge spontaan in ligte laaie kon opgaan”.
’n Bejaarde egpaar van Machadodorp het ook gedurende die naweek eiendom verloor. ’n Afdak, twee motors en skuur met gereedskap is tot as verbrand.

Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
