News

Tamatie, tamatie, soussss…

Het verneem die Suid-Afrikaanse Mediese Raad het die Bok sielkundige, dr Murtoe van Moerkerken, gefire na aanleiding van uitsprake voor die toets teen die All Blacks.

•Dr Surprise Murhomnie is in sy plek aangestel. (Is hy nie ‘n sokkerspeler nie?)

•’n Bok is ‘n Blikskottel – wanneer jy hom afgeskryf het.

•Laat weet oom Loggies, die dorp se een van drie Tjieta ondersteuners, hy het aansoek gedoen by die Departement van Geboortes en Verwagtinge dat Aphiwe Dyantyi se naam verander na Aphiwe Diamantjie.

•So is sosiale netwerke weer oorstroom deur ‘n gespottery met die Bok oorwinning en die All Black nederlaag. Nommer een op die lys is die ou, duidelik blink gedrink, wat die haka uitvoer: Tamatie, tamatie, soussss, samoesass, samoesasss, hap hom! hap hom! Tamatie, tamatie, tamatie sousss… samoesaaa, samoesaaa… hap hom! hap hom! chili bite, chili bite, Bokke Bo!

•Is dit fopnuus of het Kotsatoe regtig na die oorwinning gekla dat die Bokspan te wit is? As dit waar is, is dit om van te Kotsatoe.

•Volgens statistieke, wat na die wedstryd beskikbaar gestel is, het die Bokke 226 duikslae uitgevoer, die All Blacks net 46, vyf All Blacks het gebloei en een Bok het gehuil.

•Die ouens wat Saterdag die grootste geglimlag het was die manne van Loftus. Skielik is kaartjies vir die All Black toets so gewild soos ‘n Bulle trui en so skaars as ‘n Bul oorwinning.

•’n Bok sonder baadjie. Marco van Staden het Saterdag trots op die veld rondgestap met sy Bok baadjie wat hy gekry het vir sakke vashou.

•Vanwaar? Garrick Matteus, Mosolwa Mafuma, Dan Kasende, Frederick Eksteen, Victor Sekekete, Marco Fuhri, Luke Fortuin, Cabous Eloff, Dwight Pansegrouw, Raegan Oranje en Wian van Zyl. Nog nooit van hulle gehoor nie, maar hulle is glo by Flamingo gevang en speel die naweek teen die Namibiërs in Windhoek.

•Die Leeus se brul is stil? Het dit iets te doen met Orkaan Wiepie wat die naweek op Emmersvol Park gewoed het?

•Kort op die wonderlike nuus dat Bokflank Heinrich Brüssow se vroutjie, Caroline Grace, die naweek op die dorp is vir ‘n manne konferensie, kom die nuus dat Boeboe van Vetkoekpaleis en Vaatjie ook op pad is vir ‘n ander geleentheid. Is dit nou Toks en Tjops se Vaatjie of net ‘n vaatjie bier? Is ons nou blond of gerook? (Ons kan gerook wees, want ons mag).

•Rugby is nie lekker sonder die opbou nie. Mamma wat kla oor al die rugby, die vuurtjie: Mét hout of houtskool, die moeilike keuse wat om te braai, die moeiliker keuse wanneer om te braai, braai broodjie of Spar se platbrood?, watter verversings om te gebruik gemmerbier of ‘n dieet kola, en dan, vyf minute voor die afskop: “Bring die skottel die vleis is gaar!”

Hierdie naweek braai ons nie. (Tydsberekening is alles.)

Jy wil nie uitmis wanneer die Bokke “Oom Kosie lê so lekker” sing nie.

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button