Groot fees by Serengeti
Serengeti Karavaanpark, net buite Groblersdal op die Vaalfonteinpad, bied Saterdag, 29 September, die Serengeti Fees aan.
Dit gaan ‘n dag propvol aktiwiteite wees wat reeds om 07:00 begin en tot laataand duur.
Daar word ‘n pretdraf van 2,1km en 6,1km aangebied. Die pretdraf begin reeds om 07:00 en inskrywingsgeld beloop R50 per persoon vir die 6,1km en R20 per persoon vir die 2,1km.
Van die kunstenaars wat optree is Armand & Andrea, Armand Hofmeyr, Anthony McGee, Arno Jordaan, Dusty, Karlien Hüsselman, Marius Strydom en Moonshine. Glybane en die swembaddens sal feesgangers afkoel.
Geesdriftiges kan ook om 17:00 die rugby tussen Suid-Afrika en Australië kyk, waarna Dusty Dixon optree.
Ingangsfooie beloop R100 per persoon en sluit alle feesaktiwiteite in.
Vir enige navrae kontak 013 261 8903.
Lees ook:
Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval
VIDEO: Gaan speel die Marimba!
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
