Wie is Lilian Ngoyi?
Hendrik Potgieterstraat se naam is verander na Lilian Ngoyi maar wie was Lilian Ngoyi?
Lilian Masediba Ngoyi was ’n politikus en anti-apartheidsaktivis.
Sy is gebore in Pretoria op die 25ste September 1911 waar sy op Kilner skool gegaan het en het daarna aansoek gedoen vir opleiding as ’n verpleegster.
Sy het by ’n klerefabriek gewerk van 1945 tot 1956 en aangesluit by die Klerewerkers Unie.
Ngoyi het by die ANC aangesluit in 1950 tydens ’n uitdagingsveldtog. ‘n Jaar later was sy ingestem as president van die ANC Vroue Liga.
In 1954 is die Vereniging van Suid-Afrikaanse Vroue gestig waar sy ingestem was as een van die adjunk presidente.
Lees ook: Wie is?
In 1955 het Ngoyi ’n konferensie bygewoon in Europa. Sy was uitgenooi om lande te besoek soos Rusland en China.
Toe sy terugkeer na Suid-Afrika het sy ’n lid geword van die Transvaalse ANC Nasionale Komitee.
Sy het wye erkenning gekry as ’n radikale opponent teen apartheid.
Sy het die vroue anti-pasoptog gelei na die Unie Geboue in Pretoria, wat vandag nog gesien word as een van die grootste optogte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Daar het sy meer as ’n duisend petisies laat teken, en met die in die hand, het sy self aan die deur van Minister Strijdom gaan klop.
In Desember 1956 is sy gearresteer vir hoogverraad saam met 150 ander aktiviste en het tereg gestaan tot 1961. Ngoyi was vir vyf maande in die tronk, meeste daarvan in eensame aanhouding.
In die middel 1960’s was sy in die tronk onder die 90 dae aanhoudingwet.
Op die 13de Maart 1980 is sy oorlede aan haar hart by haar huis in Orlando, Soweto.
Verwysings:
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
