News

Gaan ent jou diere teen hondsdolheid

Maak seker jou troeteldiere, hetsy katte, honde of selfs mak meerkatte, word geënt tydens die staatsveeartse se gratis inentingsveldtog teen hondsdolheid!

Die inentings is vanaf 10:00-15:00 by die verskillende punte, buiten by die Alzu Pet & Vet Depot by die Mall, waar hulle tot 16:00 beskikbaar sal wees.

•Maandag, 8 Oktober: In Kanonkop by die Tosca Sentrum en Kanonkop Superspar.
•Dinsdag, 9 Oktober: Midwater Sentrum en Aerorand Friendly (naby Corpus Christi Kerk).
•Woensdag, 10 Oktober: OK Grocer in Mineralia.
•Donderdag, 11 Oktober: Alzu Pet & Vet.
•Vrydag, 12 Oktober: Staatsveearts kantore (naby die DBV).
•Maandag, 15 Oktober: Hendrina.
•Dinsdag, 16 Oktober: Arnot (Rietkuil).
•Maandag, 22 Oktober: Pullenshope.
•Maandag, 29 Oktober: Komati Kragstasie.
•Dinsdag, 30 Oktober: Stoffberg.

Lees ook: Hond was hondsdol

Vir meer inligting, bel James Erasmus (veearts tegnikus) by 082 324 4059.

•Die tipiese tekens van hondsdolheid is wanneer ’n wilde dier skielik oënskynlik “mak” word en na jou toe kom en dan skielik byt, of as ’n mak dier, soos jou hond, onverwags waansinnig raak.

Die wetenskaplike (en Engelse) naam vir hondsdolheid is ‘rabies’. Dit kom vanaf ’n Latynse woord vir raserny of dolle, onbeheerste gedrag.

Wat is hondsdolheid?

Hondsdolheid is ’n soönotiese siekte (’n siekte wat mense van diere kan kry), of ook ’n breinsiekte genoem. Dit word veroorsaak deur ’n virus wat deur soogdiere, veral roofdiere, oorgedra word. Voëls, visse en slange en ander reptiele kan nie draers wees nie.

Lees ook: Jakkals het hondsdolheid gehad

Volgens Wikipedia is die draers van die siekte buiten honde, ook die stokstertmeerkat, rooimeerkat, bakoor- en rooijakkals. Hiënas, vlermuise en katte kan ook draers wees.

Die siekte word oorgedra deur speeksel waarin die virus voorkom. Die virus versprei nie deur die bloed nie, maar besmet die senuweestelsel. Vanaf die senuweestelsel versprei dit na die brein en as dit eers tot daar versprei het, sal die persoon beslis sterf.

Daar is gelukkig behandeling met inspuitings wat kan keer dat die siekte versprei.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button