News

Gewese Puma voorry met messe toegetakel

’n Gewese Puma rugby voorry, Dawie Nel, is by 'n verkeerslig in Pretoria met skroewedraaiers en messe toegetakel.

Dawie (42), wat ‘n swembadbesigheid bedryf, het by ‘n verkeerslig naby die Atterbury Value Mart gestop, toe ‘n booswig die kattebak van sy voertuig oopruk.
Hy het uitgespring om dit gou toe te maak, maar nog drie rowers het op hom toegesak.

Een van die rowers het hom aangeval met ‘n skroewedraaier en dit van sy sleutelbeen se kant af in sy long gesteek.
‘n Ander een het van bo af hom in die gesig gekap met ‘n mes.

Lees ook: Plaasaanval: Hoër hand beskerm man

In die geveg is sy ribbes gekraak.

Dawie het besef dat hulle hom gaan doodmaak en het met bloed wat uit sy wonde spuit na die Wilgers Hospitaal gejaag.

Mnr. Nel sal later drie operasies ondergaan om sy erg beseerde neus op te bou.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button