News

Ma later gevonnis oor verwaarloosde kinders

Die ma van die drie kinders wat onder meer op klagtes van verkragting en kinderverwaarlosing skuldig gepleit het, gaan eers later gevonnis word.

Vonnisverrrigtinge is uitgestel, omdat die voorvonnisverslag oor die impak van haar en haar man se beweerde gruweldade op hul dogtertjie, nie betyds by die hof ingedien is nie.

Die vrou se drie kinders, ‘n dogtertjie van sewe, en twee seuntjies van onderskeidelik nege maande en ses dae oud, is in Januarie 2016 uit haar en haar man se sorg verwyder, weens verwaarlosing.

Die nege maande oue seuntjie is onder meer met bosluise in sy doek gekry.

Lees ook: Middelburg se eie huis van gruwels

Sy pasgebore boetie was so ondervoed en swak van die geelsug dat die kind vir langer as ‘n week in Life Midmed Hospitaal behandel moes word.

Die dogtertjie is sonder onderklere met bebloede boude gevind.

Sy was net een dag skool toe waarna haar ouers haar tuis gehou het uit vrees “dat sy demonies beset sou word by die skool”.
Weens haar skolastiese agterstand was sy op die vlak van ‘n kleuter toe die welsyn haar verwyder het.

Lees ook: Huis van gruwels – ouers wat eet terwyl honger kind kyk bly in aanhouding 

Nietemin het sy by die polisie gepleit om haar nie terug huis toe te stuur nie.

Met terapie het dit aan die lig gekom dat die meisie se pa, wat onskuldig op die string klagtes teen hom en sy vrou gepleit het, die meisie na bewering herhaaldelik met die ma se medewete verkrag het.

Die bedlêende ouma van die kinders was ook tuis ten tye van die mishandeling.

Al drie kinders is in plekke van veiligheid en vorder uitstekend.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button